RHP27

Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu

Op hierdie toer kan jy al die hoogtepunte van Europa beleef, sommer so saam met nog ‘n wonderlike hoogtepunt: die André Rieu-konsert in Maastricht.
15 DAE 1 Julie - 15 Julie 2027
TOERPRYS R83,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R15,550 pp

Waarheen toer ons?

België Frankryk Italië Nederland Switserland

Ons WinskoopToerleiers

Hestia Victor

Lydia van der Kooy

Roetekaart
WinskoopToere sorg vir alles
Uitstappies
Reisprogram
Dag 1
Donderdag, 1 Julie 2027 | Johannesburg, Suid-Afrika

Donderdag, 1 Julie 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Amsterdam. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad soms op aanvraag beskikbaar.

Dag 2
Dag 2
Vrydag, 2 Julie 2027 | Leiden, Nederland

Vrydag, 2 Julie 2027
– LEIDEN, NEDERLAND –
Ons arriveer by Schiphol Internasionale Lughawe in Amsterdam, waar ons luukse bus op ons wag. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Ons vertrek na ons heerlike hotel in die stadsentrum van Leiden waar ons die volgende twee aande oornag. Leiden bied die perfekte mengsel van kultuur, kos en kanale.
Ons eet vanaand almal saam aandete in die hotel.

Dag 3
Dag 3
Saterdag, 3 Julie 2027 | Leiden, Nederland

Saterdag, 3 Julie 2027
– LEIDEN, NEDERLAND –
Ons geniet vandag die Leiden Grote Mark – ‘n bruisende mark gevul met plaaslike produkte, heerlike kos en ‘n lekker kultuurervaring.
Ons het die res van die dag vry om hierdie stad na hartelus te verken – dwaal deur die historiese sentrum, geniet die atmosfeer langs die kanale, of besoek een van die interessante museums. Vir die avontuurlustiges is Delft net sowat 20 minute per trein weg.
Elkeen ontvang €20 bydrae vir aandete in ‘n plaaslike restaurant.

Dag 4
Dag 4
Sondag, 4 Julie 2027 | Maastricht & Valkenburg, Nederland

Sondag, 4 Julie 2027
– MAASTRICHT & VALKENBURG, NEDERLAND –
Vandag is beslis ‘n hoogtepunt! Vanoggend vertrek ons na Maastricht waar ons vanaand die André Rieu-vertoning gaan bywoon. Die toergroep geniet hier eers vrye tyd voordat die bus ons na ons hotel (in Valkenburg) neem om mooi te maak vir vanaand se konsert. Die groep eet saam aandete by ‘n restaurant in Valkenburg. Ons ry dan na Vrijthof Plein waar André Rieu en sy simfonie-orkes ons met hul pragtige musiek betower.
Na die konsert keer ons terug na ons hotel.

Dag 5
Dag 5
Maandag, 5 Julie 2027 | Valkenburg, Nederland & Brugge, België

Maandag, 5 Julie 2027
– VALKENBURG, NEDERLAND & BRUGGE, BELGIË –
Na ‘n lekker laat ontbyt vertrek ons na Brugge in België. Brugge, met sy middeleeuse karakter, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein, is ‘n skatlike stadjie! Skilderagtige geplaveide lanings en dromerige kanale verbind pragtige markpleine met hoë torings, historiese kerke en witgekalkte aalmoeshuise.
Ons bly vanaand in ‘n lieflike sentrale hotel in Brugge en elkeen ontvang €20 om aandete in ‘n plaaslike restaurant te geniet.

Dag 6
Dag 6
Dinsdag, 6 Julie 2027 | Brugge, België & Parys, Frankryk

Dinsdag, 6 Julie 2027
– BRUGGE, BELGIË & PARYS, FRANKRYK –
Ons geniet nog ‘n luilekker oggend in Brugge vanoggend. Raak verlore in die Grote Mark, geniet ‘n perdekoetsrit of besoek die Basilika van die Heilige Bloed.
Daarna vertrek ons na die nimlike Parys. Hier bly ons vir die volgende twee nagte in die hartjie van Montmartre.
Ons geniet vanaand saam aandete in ‘n plaaslike restaurant, ‘n klipgooi van die gewilde Place du Tertre.

Dag 7
Dag 7
Woensdag, 7 Julie 2027 | Parys, Frankryk

Woensdag, 7 Julie 2027
– PARYS, FRANKRYK –
Na ‘n heerlike ontbyt by ons hotel neem ons die moltrein na die Notre Dame waar ons die fantastiese katedraal bewonder.
‘n Plaaslike gids neem ons later op ‘n stadstoer van Parys wat by die Notre Dame begin en by die Eiffeltoring eindig.
Ons bus neem ons later na Musée D’Orsay waar ons groep vrye tyd geniet.
Ons het die res van die aand weer vry om die lieflike Montmartre verder te verken. Elke toerlid ontvang ‘n subsidie van €20 vir aandete.

Dag 8
Dag 8
Donderdag, 8 Julie 2027 | Reims, Frankryk

Donderdag, 8 Julie 2027
– REIMS, FRANKRYK –
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Reims.
Ons groep geniet ‘n spesiale sjampanje-proe by die Vranken Pommery. Ons geniet vanmiddag vrye tyd om die lieflike dorp te verken.
Ons oornag vanaand in ‘n hotel in Reims. Elke toerlid ontvang ‘n subsidie van €20 vir aandete.

Dag 9
Dag 9
Vrydag, 9 Julie 2027 | Riquewihr & Colmar, Frankryk

Vrydag, 9 Julie 2027
– RIQUEWIHR & COLMAR, FRANKRYK –
Vandag vertrek ons na Riquewihr en Colmar in die Elsasprovinsie. Ons eerste stop is die baie besonderse dorpie, Riquewihr, ‘n middeleeuse dorpie reg in die hartjie van die Elsaswingerde, geklassifiseer onder die “mooiste dorpies in Frankryk” en deels die inspirasie vir Belle se tuisdorp in Disney se “The Beauty and the Beast”.
Hierna vertrek ons na Colmar, bekend vir sy goedbewaarde argitektoniese erfenis en pragtige vakwerkhuisies. Ons kry die geleentheid om vrye tyd in Colmar te spandeer.
Ons slaap vanaand in die ou stad van Colmar. Elkeen geniet aandete op hulle eie, waarvoor WinskoopToere €20 bydra.

Dag 10
Dag 10
Saterdag, 10 Julie 2027 | Luzern, Switserland & Como, Italië

Saterdag, 10 Julie 2027
– LUZERN, SWITSERLAND & COMO, ITALIË –
Na ontbyt ry ons deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart.
Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk en daarna stap ons na die eeue-oue Kapelbrug. Die groep geniet ook ‘n heerlike bootvaart op die meer. Later het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop.
Ons vertrek vanmiddag na die mere-distrik van Italië – die aanskoulike Comomeer. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n hotel in Como. Elkeen ontvang ‘n €20 bydrae vir aandete.

Dag 11
Dag 11
Sondag, 11 Julie 2027 | Como & Bellagio, Italië

Sondag, 11 Julie 2027
– COMO & BELLAGIO, ITALIË –
Ons vaar met die veerboot van Como na Bellagio op die pragtige Comomeer – ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou! In Bellagio self spandeer ons ‘n hele paar genotvolle ure.
Daarna neem die veerboot ons weer terug na Como vir vrye tyd.
Vanaand geniet ons saam aandete in ‘n heerlike restaurant.

Dag 12
Dag 12
Maandag, 12 Julie 2027 | Sirmione & Treviso, Italië

Maandag, 12 Julie 2027
– SIRMIONE & TREVISO, ITALIË –
Ons vertrek vanoggend na Sirmione, omring deur die Gardameer. Hier het jy die geleentheid om die Scaligerkasteel te besoek, die skiereiland plat te stap, ‘n bootvaart te onderneem of dalk selfs te swem!
Na Sirmione besoek ons die wynplaas Corte Anna vir ‘n wynproe en eg tradisionele Italiaanse ete, en ervaar die warmte van Italiaanse gasvryheid.
Ons ry laatmiddag na Treviso, waar ons die volgende twee nagte slaap.

Dag 13
Dag 13
Dinsdag, 13 Julie 2027 | Venesië, Italië

Dinsdag, 13 Julie 2027
– VENESIË, ITALIË –
Vandag het ons die geleentheid om die wonderstad op water, Venesië, ordentlik te verken! Ons vaar met die boot na die ou stad, geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, bewonder ‘n meesterlike glasblaser en stap lekker rond in vrye tyd. Ons vaar eers laatmiddag weer terug na ons bus.
Ons geniet saam vir ‘n laaste keer aandete by ons hotel in Treviso.

Dag 14
Dag 14
Woensdag, 14 Julie 2027 | Treviso, Italië

Woensdag, 14 Julie 2027
– TREVISO, ITALIË –
Ons laaste dag in Europa het aangebreek! Na ons vanoggend vir oulaas saam ontbyt geëet het, geniet ons ‘n paar ure in die pragtige stadjie, Treviso, voor ons na die Venesië lughawe vertrek vir ons vlug na Suid-Afrika.

Dag 15
Donderdag, 15 Julie 2027 | Johannesburg, Suid-Afrika

Donderdag, 15 Julie 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons vlug land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Nie ingesluit by toerprys
Visumkoste
Middagetes
15 DAE 1 Julie - 15 Julie 2027
TOERPRYS R83,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R15,550 pp

Wisselkoers

€1 = R19.00

Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Ems +27 83 637 1542
Ilzé +27 83 637 1642

Kontak Ons
WhatsApp Toerledeportaal FAQ