Lojaliteitsprogram
Spaar meer wanneer jy
saam met WinskoopToere reis!

WinskoopToere bied jou meer as net onvergeetlike reise. Ons beloon jou ook wanneer jy nuwe toerlede saambring, gereeld saam met ons reis of as deel van 'n groep toer.

Of dit nou die werwingsafslag, lojaliteitsbonus of groepsafslag is, jy spaar saam met WinskoopToere!

Kies die voordeel wat by jou pas en begin spaar.

Voorwaardes geld.
1
WERWINGSBONUS
Werf nuwe toerlede en verdien R5,000 afslag
R5,000
afslag op jou volgende WinskoopToer

Ken jy iemand wat jy dink saam met WinskoopToetre moet reis?

Nooi nuwe mense om saam met ons te toer en verdien een werwingspunt vir elke nuwe toerlid wat jy werf.

Wanneer jy 10 werwingspunte verdien het, ontvang jy R5,000 afslag op jou volgende WinskoopToer.

Bou jou punte
tien
werwingspunte
= R5,000 afslag

Hoe werk dit?

1

Nooi iemand nuut

Nooi iemand nuut om saam met WinskoopToere te toer. Die persoon moes nog nooit voorheen saam met WinskoopToere getoer het nie.

2

Word as werwer aangedui

Die nuwe toerlid moet jou naam by die werwer-afdeling op sy/haar inskrywingsvorm invul.

3

Toerbetaling

Die nuwe toerlid voltooi sy/haar toerbetaling. Die werwingspunt word eers toegeken nadat die volle toergeld betaal is.

4

Bou jou punte

Elke kwalifiserende nuwe toerlid verdien een werwingspunt

5

Bereik tien punte

Wanneer jy tien kwalifiserende werwingspunte het, ontvang jy R5,000 afslag op 'n daaropvolgende toer.

Belangrik om te weet

  • Enige persoon mag toerlede werf.
  • Jy mag slegs mense werf wat nog nooit voorheen saam met WinskoopToere getoer het nie.
  • Jy mag nie jouself werf nie.
  • Gesinslede mag gewerf word indien hulle nog nooit voorheen saam met WinskoopToere getoer het nie.
  • Slegs een persoon van 'n paartjie waarvan jy deel is, mag gewerf word. Indien jy 'n nuwe paartjie werf, kan albei persone kwalifiseer.
  • Groepsinskrywings kwalifiseer nie vir die Werwingsbonusprogram nie.
  • Werwingspunte is persoonlik en nie oordraagbaar nie.
  • Daar is geen tydsbeperking om jou 10 punte te verdien nie.
  • 'n Werwingsbonus kan nie in kontant uitbetaal word nie.
  • Die maksimum voordeel is een Werwingsbonus per toer.
  • Indien 'n gewerfde toerlid kanselleer, word die werwingspunt verbeur. Indien dit veroorsaak dat jy nie meer 10 kwalifiserende punte het nie, kan die bonus terugbetaalbaar wees.
  • Werwingspunte wat voor 2016 verdien is, word nie aanvaar nie.
  • WinskoopToere behou die reg voor om die Werwingsbonusprogram te kanselleer.
2
LOJALITEITSBONUS
Reis gereeld en ontvang R3 000 afslag

Jou volgende toer kan jou beloon!

Ons waardeer ons #Toptoerlede. Daarom ontvang jy R3 000 afslag op elke derde toer wat jy saam met WinskoopToere onderneem.

Elke keer wat jy saam met WinskoopToere toer, tel dit as een toer vir jou lojaliteitsrekord.

R3 000
afslag per persoon
Jou lojaliteitsvoordeel
3de
toer
R3 000 afslag
→
6de
toer
R3 000 afslag
→
9de
toer
R3 000 afslag
→
12de
toer
R3 000 afslag

En so gaan dit voort met elke derde toer.

HOE WERK DIT?
Hou aan reis en bou jou lojaliteitsrekord

Wanneer jy jou derde, sesde, negende of twaalfde toer, ens. bespreek, kwalifiseer jy vir die R3 000-lojaliteitsafslag.

Vanaf 1 Augustus 2024 Die R3 000-afslag per persoon vir 'n derde toer is geldig vanaf 1 Augustus 2024.

Belangrik om te weet

  • Die lojaliteitsprogram is in geheel geldig vanaf 1 November 2014.
  • Die lojaliteitsafslag is R3 000 per persoon.
  • Die bonus word toegeken met elke derde toer.
  • 'n Lojaliteitsbonus is nie van toepassing op spesiale aanbiedinge nie. Indien jy van 'n spesiale aanbod gebruik maak, skuif jou lojaliteitsbonus na jou volgende kwalifiserende toer.
  • 'n Lojaliteitsbonus is ook nie van toepassing op WinskoopToere se spaartoere nie. 'n Spaartoer tel egter steeds as 'n toer.
  • Die lojaliteitsbonus en werwingsbonus kan op dieselfde toer gebruik word.
  • Die lojaliteitsbonus is nie oordraagbaar nie.
  • Die maksimum voordeel is een lojaliteitsafslag per toer.
  • Die bonus word nie in kontant uitbetaal nie.
  • WinskoopToere behou die reg voor om die lojaliteitsprogram aan te pas of te kanselleer.
?
HET JY REEDS VOOR AUGUSTUS 2024 DRIE KEER GETOER?

Jy kan dalk steeds kwalifiseer.

Toerlede wat voor Augustus 2024 reeds drie keer saam met WinskoopToere getoer het en nie hul bonus ontvang het nie, kan volgens die vorige bonusreëling kwalifiseer.

Bewys van vorige reise moet gelewer word.

3
GROEPSBONUS
Reis saam en   spaar as 'n groep

Hoe meer julle saam reis, hoe meer kan julle spaar.

Reis jy saam met vriende of familie?

'n Groep van ses of meer persone wat saam vir dieselfde WinskoopToer inskryf, kwalifiseer vir 'n R1 000 groepsbonus per persoon.

6+
persone
=
R1 000
afslag per persoon
Hoe werk dit?
1
6+

Kom as 'n groep

Ses of meer mense

→
2
✓

Bespreek saam

Julle bespreek vir dieselfde WinskoopToer

→
3
R

Betaal die deposito

Elke persoon betaal sy/haar deposito

→
4
R1K

Kry jou afslag

Elke persoon ontvang
R1 000 afslag

Belangrik om te weet

  • Die groep moet uit minstens ses persone bestaan wat saam vir dieselfde toer inskryf.
  • Die R1 000-afslag is per persoon.
  • Die groepsbonus geld slegs vir die spesifieke toer waarvoor die groep ingeskryf het.
  • Elke lid van die groep moet sy/haar deposito betaal voordat die bonus toegeken kan word.
  • Die groepsbonus is nie oordraagbaar nie.
  • Die groepsbonus is nie van toepassing op spesiale aanbiedinge nie.
  • Geen werwingsbonus of werwingspunte word toegeken wanneer toerlede vir 'n groepsbonus kwalifiseer nie.
  • Die groepsbonus en lojaliteitsbonus kan nie vir dieselfde toer gebruik word nie.
  • Die bonus word nie in kontant uitbetaal nie.
  • WinskoopToere behou die reg voor om die groepsbonus te kanselleer.
BEGIN VANDAG SPAAR
Reis meer.
Spaar meer.

Of jy nou nuwe reisigers wil nooi, reeds gereeld saam met WinskoopToere reis of graag saam met 'n groep toer – maak seker dat jy vir ons program geregistreer is.

Sluit aan by die WinskoopToere-lojaliteitsprogram en begin jou voordele opbou.

WhatsApp Toerledeportaal FAQ