ARP27

Europese Plattelandtoer met André Rieu

Hierdie skatkis van ‘n toer bevat werklik die heel mooiste dorpies in Duitsland, Nederland en Frankryk se platteland. En natuurlik is die kersie op die koek die wonderlike André Rieu-konsert in Maastricht!
14 DAE 26 Junie - 11 Julie 2027
TOERPRYS R77,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R15,550 pp

Waarheen toer ons?

Duitsland Frankryk Nederland

Ons WinskoopToerleiers

Dilla Kruger

Gideon Wentink

Roetekaart
WinskoopToere sorg vir alles
Uitstappies
Reisprogram
Dag 1
Dag 1
Maandag, 28 Junie 2027 | Johannesburg, Suid-Afrika

Maandag, 28 Junie 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons toergroep vertrek vandag vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Amsterdam. Beperkte aantal retoervliegkaartjies soms vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.

Dag 2
Dag 2
Dinsdag, 29 Junie 2027 | Putten, Nederland

Dinsdag, 29 Junie 2027
– PUTTEN, NEDERLAND –
Ons arriveer by Schiphol Lughawe in Amsterdam. Ons vertrek na ons hotel buite Putten in ‘n woud waar ons die volgende drie nagte oorslaap. Ons kan die middag heerlik hier uitspan en gaan stap of fietsry. Ons geniet saam aandete in die hotel.

Dag 3
Dag 3
Woensdag, 30 Junie 2027 | Giethoorn, Apeldoorn & Putten, Nederland

Woensdag, 30 Junie 2027
– GIETHOORN, APELDOORN & PUTTEN, NEDERLAND –
Vanoggend vertrek ons na die fraaie dorpie, Giethoorn. Ook bekend as die “Nederlandse Venesië”, bied Giethoorn idilliese kanale, bekoorlike grasdakkothuise en geen paaie. Ons het vrye tyd om hierdie interessante dorpie te beleef.
Later vertrek ons na die Paleis Het Loo in Apeldoorn wat uit die 1600’s dateer. Ons keer later terug na ons hotel buite Putten.

Dag 4
Dag 4
Donderdag, 1 Julie 2027 | Gouda & Putten, Nederland

Donderdag, 1 Julie 2027
– GOUDA & PUTTEN, NEDERLAND –
Ons besoek vanoggend Gouda, die kaasstad van Nederland. Daar is baie om te sien en doen in Gouda, veral op ‘n Donderdag wanneer die kaasmark oop is. Ons besoek die Kaasmuseum waar ons leer oor kaasmakery. Dan het ons vrye tyd om historiese hoogtepunte soos die Waag, die stadsaal en die Sint-Janskerk te beleef.
Ons vertrek weer na ons hotel buite Putten.

Dag 5
Dag 5
Vrydag, 2 Julie 2027 | Maastricht & Valkenburg, Nederland

Vrydag, 2 Julie 2027
– MAASTRICHT & VALKENBURG, NEDERLAND –
Vanoggend vertrek ons na Maastricht, een van die oudste stede in Nederland, met ‘n pragtige verskeidenheid Middeleeuse argitektuur, Romeinse ruïnes en skilderagtige strate. Besoek gerus landmerke soos die Sint-Servaasbrug, Basiliek van St. Servatius en die Spaanse regeringsgebou.
Later gaan ons inteken by ons hotel in Valkenburg.
Vanaand wag ‘n baie groot bederf op ons: die André Rieu-konsert op die stadsplein, Vrijthof, in dié gewilde musikant se tuisdorp.

Dag 6
Dag 6
Saterdag, 3 Julie 2027 | Valkenburg, Nederland

Saterdag, 3 Julie 2027
– VALKENBURG, NEDERLAND –
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt by ons hotel. Hierna verken ons die juweel van ‘n dorpie, Valkenburg, wat beteken, Valk Kasteel. Toerlede het die geleentheid om die Valkenburgkasteel uit die 12de eeu te besoek, of om die fassinerende ondergrondse wêreld van Valkenburg se grotte te ontdek, met antieke kalksteengroewe en versteekte gange wat o.a. as wegkruipplekke tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is.
Ons oornag weer in dieselfde hotel in Valkenburg.

Dag 7
Dag 7
Sondag, 4 Julie 2027 | Heidelberg, Duitsland

Sondag, 4 Julie 2027
– HEIDELBERG, DUITSLAND –
Ons ry vandag na die universiteitstad, Heidelberg, tuiste van die 14de eeuse Universiteit van Heidelberg. Hier besoek ons die ou kasteel bo-op die berg (met ‘n Bergbahn-treintjie tot bo vir die ouer knieë), met ‘n asemrowende uitsig oor die ou stad en die Neckarrivier. Kaartjies vir die kasteel is ingesluit.
Elkeen loop rustig deur die kasteel op hul eie pas en geniet vrye tyd vir die res van die dag. Ons slaap vanaand in Heidelberg.

Dag 8
Dag 8
Maandag, 5 Julie 2027 | Strasbourg & Colmar, Frankryk

Maandag, 5 Julie 2027
– STRASBOURG & COLMAR, FRANKRYK –
Na ‘n smaaklike ontbyt, ry ons verder na die mooie Strasbourg. Hier geniet ons groep ‘n stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids en daarna het ons lekker vrye tyd om self die ou stad te leer ken. Die uitleg van die Grande-Île is relatief min deur die vele oorloë geraak.
Later vertrek ons na Colmar, bekend vir sy goedbewaarde argitektoniese erfenis en pragtige vakwerkhuise. Ons oornag vanaand in Colmar.

Dag 9
Dag 9
Dinsdag, 6 Julie 2027 | Colmar & Riquewihr, Frankryk

Dinsdag, 6 Julie 2027
– COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK –
Vanoggend het ons weer vrye tyd in Colmar. Daarna gaan ons na die baie besonderse Middeleeuse dorpie, Riquewihr, reg in die hartjie van die Elsassiese wingerde, geklassifiseer onder die “mooiste dorpies in Frankryk” en deels die inspirasie vir Belle se tuisdorp in Disney se “The Beauty and the Beast”.
Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel in Colmar.

Dag 10
Dag 10
Woensdag, 7 Julie 2027 | Freiburg, Triberg & Singen, Duitsland

Woensdag, 7 Julie 2027
– FREIBURG, TRIBERG & SINGEN, DUITSLAND –
Vanoggend vertrek ons terug na Duitsland! Eerste gaan ons na Freiburg, aan die rand van die Swartwoud, tuiste van die indrukwekkende Freiburg Minster, ‘n gotiese meesterstuk uit die 13de eeu.
Later vertrek ons na Triberg, in die middel van die Swartwoud – die Tribergwatervalle is van die hoogstes in Duitsland.
Ons vertrek later vanmiddag na Singen, waar ons die volgende drie aande gaan oornag.

Dag 11
Dag 11
Donderdag, 8 Julie 2027 | Meersburg, Lindau & Singen, Duitsland

Donderdag, 8 Julie 2027
– MEERSBURG, LINDAU & SINGEN, DUITSLAND –
Ons ry vanoggend na Meersburg op die Bodensee, ‘n Middeleeuse stadjie met ‘n Onderstad en ‘n Bostad wat slegs vir voetgangers is.
Later ry ons na Lindau, ‘n ou stad op ‘n eiland in die Bodensee, bekend vir die Lindau-vuurtoring en die Beierse leeu-beeldhouwerk by die hawe-ingang.
Vanaand bly ons weer in Singen.

Dag 12
Dag 12
Vrydag, 9 Julie 2027 | Mainau, Konstanz & Singen, Duitsland

Vrydag, 9 Julie 2027
– MAINAU, KONSTANZ & SINGEN, DUITSLAND –
Vanoggend wag die Blomme-eiland in die Bodensee, Mainau, op ons – ‘n tuin met parke en ‘n groenhuis met tropiese klimaat en duisende skoenlappers.
Later vandag vertrek ons na Konstanz, waar die Rynrivier uit die Bodensee vloei. Hier het ons vrye tyd om in die ou stad rond te wandel, met sy Konstanz-katedraal en oorblywende stadsmuur-torings.
Ons oornag vanaand weer in dieselfde hotel in Singen.

Dag 13
Dag 13
Saterdag, 10 Julie 2027 | Zürich, Switserland

Saterdag, 10 Julie 2027
– ZÜRICH, SWITSERLAND –
Ons geniet ‘n gesellige ontbyt saam en vertrek dan na Zürich vir ‘n laaste bietjie vrye tyd. Ons besoek die ou stad met geplaveide strate vol gesellige kroeë, tradisionele Switserse restaurante en kunsmuseums soos die Kunsthaus. Hier kan jy ook ikoniese kerke soos die Fraumünster sien, met Chagall- en Giacometti-loodglasvensters.
Na ‘n heerlike laaste dag in Europa neem ons bus ons groep na die lughawe en vertrek ons terug na Suid-Afrika.

Dag 14
Sondag, 11 Julie 2027 | Suid-Afrika

Sondag, 11 Julie 2027
– SUID-AFRIKA –
Ons arriveer terug in Suid-Afrika na ‘n wonderlike en onvergeetlike ervaring.

Toerlede  foto's
Nie ingesluit by toerprys
Visumkoste
Middagetes
14 DAE 26 Junie - 11 Julie 2027
TOERPRYS R77,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R15,550 pp

Wisselkoers

€1 = R19.00

Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Ems +27 83 637 1542
Ilzé +27 83 637 1642

Kontak Ons
WhatsApp Toerledeportaal FAQ