Dinsdag, 4 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Europa. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.
Dinsdag, 4 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Europa. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.
Woensdag, 5 Mei 2027
– VENESIË & VERONA, ITALIË –
Ons arriveer by Venesië Lughawe (etes en drankies tydens die vlugte ingesluit), waar ons luukse bus op ons wag.
Ons vertrek direk vir ‘n besoek aan die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied, bekend vir sy Romeinse arena, eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug.
Ons groep geniet ‘n heerlike aandete saam as groep. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in ‘n voorstad van Verona.
Donderdag, 6 Mei 2027
– VENESIË, ITALIË –
Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Ons vaar met die boot na die ou stad, geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, bewonder ‘n meesterlike glasblaser en stap lekker rond in vrye tyd. Ons vaar laatmiddag weer met die boot terug na ons bus.
Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en slaap weer in dieselfde hotel buite Verona.
Vrydag, 7 Mei 2027
– SIRMIONE & COMO, ITALIË –
Ons vertrek vanoggend na Sirmione, omring deur die Gardameer. Ons besoek die Scaligerkasteel saam in twee groepe. Hierna het ons almal vrye tyd om die dorpie te verken.
Na Sirmione besoek ons die wynplaas Corte Anna vir ‘n wynproe en eg tradisionele Italiaanse ete.
Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Toerlede ontvang ‘n €20 subsidie vir aandete. Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como se stadsentrum.
Saterdag, 8 Mei 2027
– LUZERN, SWITSERLAND & COLMAR, FRANKRYK –
Ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons na die standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna na die eeue-oue stadsmuur en Kapelbrug. Die toergroep geniet dan ‘n heerlike bootvaart op die meer.
Stop gerus ook by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval.
Later vanmiddag sit ons ons reis voort na die Franse grens. Ons slaap die volgende twee aande oor in Colmar, Frankryk.
Sondag, 9 Mei 2027
– COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK –
Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons rustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.
Vanmiddag geniet ons die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.
Ons spandeer nog die aand heerlik in Colmar. Elke toerlid ontvang ‘n aandetesubsidie van €20.
Maandag, 11 Mei 2027
– REIMS & PARYS, FRANKRYK –
Vandag ry ons groep diep die Franse platteland binne en geniet die unieke natuurskoon van hierdie streek. Ons besoek Reims en verken die majestueuse Notre-Dame-katedraal, waar talle Franse konings gekroon is. Dan ry ons verder na Parys!
Ons bly die volgende twee nagte in die hartjie van Montmartre. Ons geniet ‘n heerlike aandete saam as groep naby die gewilde Place du Tertre.
Dinsdag, 11 Mei 2027
– PARYS, FRANKRYK –
Vanoggend skop ons af met ‘n stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis. Ons het die res van die dag vrye tyd om Parys beter te leer ken!
Vanaand kan jy die unieke kunstenaarsgebied Montmartre verder verken en die pragtige beligte Sacre Coeur bewonder. Elkeen kry ‘n aandetesubsidie van €20.
Woensdag, 12 Mei 2027
– BRUGGE, BELGIË –
Ons vertrek vanoggend na Brugge, België. Ons arriveer eers by ons hotel waarna ons die skatlike ou stadjie op ons eie kan gaan verken. Met sy Middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein, bied Brugge meer as genoeg om ons besig te hou! Geniet gerus die beroemde kant, Belgiese wafels en aarbeie op die markplein. Elke toerlid kry ‘n aandetesubsidie van €20.
Donderdag, 13 Mei 2027
– BRUGGE, BELGIË & DELFT, NEDERLAND –
Na ‘n heerlike ontbyt en rustige oggend, geniet ons nog vrye tyd in Brugge.
Later ry ons na die ou Nederlandse stad, Delft, bekend vir sy blou porseleinkuns en pragtige kanale. Hier het ons groep heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel in Leiden se stadsentrum vertrek. Elke toerlid kry €20 subsidie vir aandete.
Vrydag, 14 Mei 2027
– GOUDA, NEDERLAND –
Vandag wag ‘n besondere dag op ons: Ons besoek die dorpie Gouda – op markdag!
Laatmiddag keer ons terug na Leiden. Vanaand, op ons laaste aand, eet ons groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel.
Saterdag, 15 Mei 2027
– KEUKENHOF, NEDERLAND –
Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa, Keukenhof, met sy sewe miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende belewenis om vroegoggend in die tuin rond te wandel – hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.
Ons ry vanmiddag na Schiphol Lughawe vir ons aandvlug terug na Johannesburg.
Sondag, 16 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer na Europa – Hoogtepunte van Europatoer, sal jy weet: verryk en met blywende herinneringe vir altyd.
Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.