Meer oor ons
Elke reis het 'n beginpunt

Ons s'n het meer as vyftig jaar gelede op die paaie van Europa begin.

Toe prof. Fanie Jooste en sy vrou, Ems, as jong musiekstudente vir twee jaar in die Duitse stad Detmold gewoon het,
het hulle elke geleentheid aangegryp om Europa te ontdek.

WinskoopToere se storie
Van 'n droom na 'n familie-onderneming
1976

Europa word 'n tweede tuiste

Prof. Fanie Jooste en sy vrou, Ems, het as jong musiekstudente vir twee jaar in Detmold, Duitsland, gewoon. Hulle het tóé al elke geleentheid aangegryp om Europa te ontdek.

Hulle het duisende kilometers afgelê, deur historiese dorpe en wêreldstede gereis en selfs gedurende die Koue Oorlog die destydse Oos-Duitsland met hul eie motor verken.

Die droom

Lank voordat dit gewild was om Europa op eie houtjie te verken, het Fanie en Ems reeds die kontinent se ryk geskiedenis, asemrowende natuurskoon en uiteenlopende kulture eerstehands beleef.

Europa het vir hulle 'n tweede tuiste geword en hier het 'n droom begin posvat: om hierdie besonderse ervaring eendag met ander Suid-Afrikaners te deel.

Fanie en Ems se tyd in Europa
1996
Europa, waar die eerste georganiseerde reis plaasgevind het

Die eerste georganiseerde reis

In 1996 het Fanie sy eerste plaaslike orkes na Europa geneem vir 'n konserttoer.

Wat as 'n enkele toer begin het, het vinnig gegroei tot 'n onderneming wat bekend geword het vir uitsonderlike musiek- en kultuurtoere.

2006

'n Voltydse roeping

Fanie begin toere vir die publiek reël en so word die fondasie vir WinskoopToere gelê: 'n trotse Suid-Afrikaanse familie-onderneming wat gehaltetoere met uitstekende waarde vir geld aanbied.

2011

WinskoopToere word gebore

WinskoopToere word gebore en skop af met vier toere na Europa in sy eerste bestaansjaar.

Vandag

Ons familie reis steeds saam.

Meer as vyf dekades nadat die droom begin het, is WinskoopToere steeds 'n familie-onderneming waar dieselfde liefde vir kultuur, geskiedenis, natuurskoon en persoonlike diens die grondslag vorm.

Fanie en Ems
'n Familie wat saam reis

WinskoopToere is vandag steeds 'n egte familie-onderneming.

Ems Jooste speel al jare lank 'n onmisbare rol agter die skerms en bring dieselfde warmte, gasvryheid en omgee na die onderneming waarvoor sy as onderwyseres en kerkorrelis bekend is. Haar liefde vir mense en haar uitgebreide reiservaring dra steeds by tot die persoonlike diens wat WinskoopToere kenmerk.

Lientjie Jooste
BESTURENDE DIREKTEUR

Lientjie Jooste

Lientjie Jooste het in haar pa se voetspore gevolg en is aan stuur van sake as Besturende Direkteur. Onder haar visie en kundigheid gaan WinskoopToere van krag tot krag.

Emma Howell
BEMARKINGSDIREKTEUR

Emma Howell

Emma Howell woeker as Bemarkingsdirekteur om WinskoopToere se handelsmerk se storie te vertel, verhoudings te bou en die besigheid met hart en doelgerigtheid te laat groei.

Kathy Klopper
FINANSIES & SPESIALE PROJEKTE

Kathy Klopper

Kathy Klopper is steeds betrokke by finansies en spesiale projekte en bring haar ervaring en kundigheid tot voordeel van WinskoopToere.

Pieter Jooste
TRIPS & TRAVELS

Pieter Jooste

Pieter Jooste is deel van WinskoopToere se sustersmaatskappy, Trips & Travels.

Al vier kinders is ook steeds ervare toerleiers. Saam bou hulle voort op die visie waarmee Fanie en Ems destyds begin het.

Gegrond op die WinskoopToere-fondasie groei die span wat agter die skerms werk en word daar jaar na jaar na nuwe bestemmings met nóg meer toerlede ontdekgereis!

Ons waardes

By WinskoopToere glo ons dat reis oor veel meer gaan as bestemmings op 'n kaart. Dit gaan oor mense, herinneringe en gedeelde ervarings.

1

Persoonlike diens

Ons ken ons reisigers en stap elke tree saam met hulle.

2

Integriteit

Ons glo in eerlike advies, deursigtige kommunikasie en beloftes wat nagekom word.

3

Waarde vir geld

Kwaliteit hoef nie onbereikbaar te wees nie. Ons beplan elke toer met sorg om die beste moontlike ervaring te bied met geen verskuilde kostes nie.

4

Passie vir reis

Ons neem jou na plekke waarvan ons self hou en wat ons oor baie jare leer ken het.

5

Familie

Wanneer jy saam met WinskoopToere reis, word jy deel van 'n groter reisfamilie.

Reis saam met WinskoopToere
Meer as net 'n toer.

Vir ons is elke toer 'n geleentheid om mense se horisonne te verbreed, nuwe vriendskappe te laat ontstaan en herinneringe te skep wat 'n leeftyd hou.

Meer as vyf dekades nadat die droom begin het, is ons steeds net so opgewonde oor elke nuwe reis. Ons span beplan elke toer met dieselfde sorg en aandag asof ons ons eie familie op vakansie stuur.

Droom. Leef. Reis.
Ontdek jou volgende reis →
WhatsApp Toerledeportaal FAQ