Woensdag, 19 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Rome. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.
Woensdag, 19 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Rome. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.
Donderdag, 20 Mei 2027
– ROME & CASERTA, ITALIË –
Ons arriveer in Rome en ons luukse bus staan gereed om ons na ons pragtige viersterhotel in Caserta te neem. Ons besoek die pragtige Caserta-paleis en oornag die eerste twee aande in Caserta.
Ons geniet vanaand ‘n heerlike ete saam in die hotel – ons eerste kennismaking met Italiaanse gastronomie!
Vrydag, 21 Mei 2027
– AMALFI & POSITANO, ITALIË –
‘n Besoek aan die bekoorlike kusdorpies, Amalfi en Positano, is eerste aan die beurt.
Om daar te kom, neem ons bus ons na die hawe in Salerno. Daar haal ons die veerboot na Amalfi. Ons bring vrye tyd hier deur en klim die mooi stel trappe op by die middeleeuse katedraal in die hartjie van die dorp. Later vaar ons van Amalfi se hawe met die veerboot na Positano (veerbootkaartjies ingesluit).
Ons vaar weer met die veerboot terug na Salerno en keer dan terug na Caserta.
Ons geniet aandete saam in die hotel.
Saterdag, 22 Mei 2027
– POMPEIÏ & ROME, ITALIË –
Na ontbyt ry ons groep al langs die beroemde Vesuviusberg tot by Pompeii. Hierdie antieke Romeinse dorp is in 79 n.C. onder meters as en fyn vulkaniese stof begrawe na die uitbarsting van Vesuvius. Hier neem ‘n plaaslike, Engelssprekende gids ons rond.
Na ons besoek vertrek ons na ons hotel lekker sentraal geleë in Rome. Ons oornag drie nagte in Rome.
WinskoopToere dra elk van hierdie aande ‘n subsidie van €20 by vir aandete by ‘n heerlike restaurant van jou keuse.
Sondag, 23 Mei 2027
– ROME, ITALIË –
Vandag bring ons die hele dag in Rome deur! Ons besoek die Colosseum en die Forum Romanum – ‘n wonderlike belewenis van antieke Rome. Ons groep het ook genoeg vrye tyd om op hulle eie te doen wat hulle wil in hierdie indrukwekkende stad.
Maandag, 24 Mei 2027
– ROME & FRASCATI, ITALIË –
Vandag wag ‘n ekstra spesiale uitstappie op ons groep. Ons vertrek met ons bus na ‘n dorpie net buite Rome: Frascati.
Hier besoek ons ‘n wynplaas en plaashuis wat reeds vir die negende generasie in dieselfde familie is. Ons spandeer ‘n heerlike dag saam met hulle – ons maak pasta (egte tuisgemaakte pasta!), proe wyn en eet heerlik saam. Hierna keer ons terug na Rome en geniet die aand nog weer hier vir oulaas.
Dinsdag, 25 Mei 2027
– VATIKAANSTAD, ROME & TOSKANE, ITALIË –
Vanoggend besoek ons die Basilica di San Pietro (Sint Pieterskerk) – een van die grootste basilikas in Europa. Daarna besigtig ons ook die Vatikaanstadmuseums en die unieke Sistynse Kapel met Michelangelo se wonderbaarlike kunswerke.
Verryk deur alles wat ons in die “ewige stad” beleef het, vertrek ons met ons eie bus na ons hotel in die Toskaanse gebied buite Siena.
Ons slaap die volgende twee aande in hierdie rustige wynlandgebied. Ons geniet vanaand ‘n smaaklike aandete saam as groep.
Woensdag, 26 Mei 2027
– SAN GIMIGNANO & TOSKANE, ITALIË –
Vanoggend ry ons na die beroemde dorpie San Gimignano waar ons ‘n genotvolle oggend spandeer.
Hierna keer ons lekker vroeg terug na ons hotel buite Siena om langs die swembad uit te span en die omgewing te geniet. Ons geniet vanaand ‘n spesiale Toskaanse aandete by ‘n nabygeleë restaurant saam as groep.
Donderdag, 27 Mei 2027
– FLORENCE, PISA & LA SPEZIA, ITALIË –
Ons besoek vandag die buitengewone kunsstad, Florence. Hier kan jy die Ponte Vecchio-brug en die pragtige Duomo (katedraal) besigtig. In die Galleria dell’Accademia di Firenze wag die beroemde Dawidbeeld van Michelangelo en ander baie besonderse kunswerke.
Volgende vertrek ons na Pisa om die indrukwekkende toring te besigtig.
Ons slaap vanaand in La Spezia. Elkeen ontvang ‘n bydrae van €20 vir aandete op jou eie in die stad.
Vrydag, 28 Mei 2027
– CINQUE TERRE & LA SPEZIA, ITALIË –
Vandag besoek ons ‘n juweel in Italië en Europa: Cinque Terre. Dit is vyf eeue-oue stranddorpies aan die Italiaanse Riviera-kuslyn. In elk van die vyf dorpies is kleurvolle huise en wingerde. Probeer gerus van die smaaklike seekosspesialiteite saam met die beroemde sous van die gebied – pesto. Die Sentiero Azzurro-wandelroete verbind die dorpe en bied pragtige uitsigte oor die see. Elke toerlid kry ‘n veerbootkaartjie om tussen vier van die vyf dorpies te beweeg.
Vanaand slaap ons in dieselfde hotel in La Spezia, en geniet weer aandete by ‘n plaaslike restaurant (WinskoopToere dra €20 by).
Saterdag, 29 Mei 2027
– PARMA, ITALIË –
Ons ry vanoggend na Parma, die universiteitstad in die Emilia-Romagna-streek, bekend vir Parmesankaas en Parma-ham. Maak gerus ‘n draai by die Parma-katedraal met die spesiale dooparea.
In die Palazzo Della Pilotta is kunswerke van Correggio en Canaletto te sien.
Ons spandeer die middag op ‘n wynplaas in die streek waar ons ‘n wynproe en middagete geniet. Ons slaap vanaand in die omgewing. Ons geniet aandete in die hotel.
Sondag, 30 Mei 2027
– MODENA, VERONA & TREVISO, ITALIË –
Vanoggend ry ons in die rigting van Modena. Hier het Balsamiese asyn sy oorsprong en daarom besoek ons ‘n Balsamiese asynmaker en geniet ons die delikatesse hier (ingesluit by die toerprys).
Ons laaste bestemming vandag is Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. In die fenominale Romeinse Arena uit die eerste eeu n.C. word vandag steeds konserte voor 15 000 mense op ‘n keer gehou.
Ons gaan die eeue-oue stadsmure te siene kry. Besoek gerus ook die Ponte Pietra-brug wat reeds in die jaar 100 v.C. gebou is!
Ons slaap die volgende twee aande in die omgewing. Ons geniet saam aandete as groep.
Maandag, 31 Mei 2027
– VENESIË, ITALIË –
Ons groep vertrek vandag na die verruklike Venesië. Ons bus neem ons na die tronchetto (waar die motors en ons bus parkeer). Daarvandaan vaar ons per boot na die ou stad van Venesië.
Hier ontmoet ons ‘n plaaslike gids wat baie interessante feite met ons deel en die belangrikste besienswaardighede aan ons uitwys.
Aan die einde van die stadstoer kan ons ‘n glasblaser dophou wat met hierdie baie ou kuns – eie aan die stad – ‘n meesterlike demonstrasie vir ons lewer. Die res van die dag het ons vrye tyd om Venesië terdeë te geniet.
Ons eet vanaand saam as groep aandete in ons hotel ter viering van ons laaste aand in Italië.
Dinsdag, 1 Junie 2027
– VENESIË & CHIOGGIA, ITALIË –
Ons besoek vandag die bekoorlike kusdorpie Chioggia – ‘n versteekte juweel met kleurvolle geboue, rustige kanale en ‘n egte Italiaanse atmosfeer. Hier kan jy deur die historiese straatjies wandel, vars seekos by plaaslike eetplekke geniet en die unieke kombinasie van seelewe en kultuur ervaar.
Ons vertrek na Venesië Lughawe, vanwaar ons terugkeer na Suid-Afrika na ons wonderlike toer in Europa.
Woensdag, 2 Junie 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons land vandag in Suid-Afrika vanaf Europa – met die wete dat ons op ‘n wonderlike wyse verryk is deur al die onvergeetlike beelde en belewenisse! Dit is onbeskryflike herinneringe vir altyd van hierdie Italiëtoer!
Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.