Sondag, 23 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep ontmoet mekaar die aand op O.R. Tambo Lughawe vanwaar ons vroegoggend met Ethiopian Air na Arusha vertrek. Geen Kaapstadvlugte vir hierdie toer beskikbaar nie.
Sondag, 23 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep ontmoet mekaar die aand op O.R. Tambo Lughawe vanwaar ons vroegoggend met Ethiopian Air na Arusha vertrek. Geen Kaapstadvlugte vir hierdie toer beskikbaar nie.
Maandag, 24 Mei 2027
– ARUSHA, TANZANIË –
Wanneer ons by Kilimanjaro Internasionale Lughawe aankom, wag ons vriendelike gids om ons hartlik te verwelkom. Ons word na ons lodge in Arusha geneem waar ons inteken en vir die eerste keer die rustige atmosfeer van Tanzanië begin ervaar.
Ons begin met ‘n “Bean-to-Cup” koffietoer by ‘n plaaslike koffielandgoed. Die res van die dag het ons tyd om te ontspan. Vanaand geniet ons ‘n heerlike ete saam by ons lodge.
Ons oornag by Kahawa House.
Dinsdag, 25 Mei 2027
– MANYARA-MEER, TANZANIË –
Na ‘n heerlike ontbyt ry ons verder na Manyara-meer, waar ons in ons lodge inteken. Hier ontspan ons saam terwyl ons die pragtige uitsigte oor die meer inneem en later ‘n smaaklike aandete geniet.
Ons oornag by Lake Manyara Serena Safari Lodge.
Woensdag, 26 Mei 2027
– NGORONGORO-KRATER & MANYARA-MEER, TANZANIË –
Na ‘n rustige ontbyt vertrek ons na die ikoniese Ngorongoro-krater, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied. Op pad stop ons by die African Galleria naby Manyara-meer.
Wanneer ons by die krater aankom, maak ons gereed vir ‘n wildrit binne die majestueuse krater self. Hier leef ongeveer 30 000 diere vrylik, insluitend die seldsame swartrenoster, reuse olifante, leeus, sebras, seekoeie en ‘n groot verskeidenheid voëls.
Ons slaap vanaand by Ngorongoro Serena Safari Lodge, hoog teen die krater se rand.
Donderdag, 27 Mei 2027
– SERENGETI NASIONALE PARK & MAASAI, TANZANIË –
Ons word vroegoggend wakker, geniet ‘n heerlike ontbyt en vertrek na die wêreldbekende Serengeti Nasionale Park. Op pad besoek ons die Maasai-dorpie, waar ons ‘n blik kry op die eeue-oue tradisies en kleurvolle kultuur van die Maasai-mense.
Ons ry stadig deur die park en beleef ons eerste wildritte tussen oop grasvlaktes, akasiabome en groot kuddes wild.
Ons oornag die volgende drie aande in die Serengeti Serena Safari Lodge.
Vrydag, 28 Mei 2027
– SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË –
Hierdie dag word geheel en al gewy aan die verkenning van die Serengeti. Ons beleef die wonder van die Groot Migrasie, waar miljoene wildebeeste, sebras en ander wildspesies oor die vlaktes beweeg in hul soektog na vars weivelde, terwyl roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds die bewegende troppe fyn dophou.
‘n Absolute hoogtepunt: ‘n lugballonsafari oor die uitgestrekte vlaktes van die Serengeti. Ons vertrek vroegoggend na die lanseerterrein en styg op wanneer die son oor die horison breek. Na die vlug wag ‘n pragtige ontbyt in die oopte, in ware “Out of Africa”-styl.
Ons keer terug na die lodge waar ons saam aandete geniet.
Saterdag, 29 Mei 2027
– SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË –
Ons geniet vandag nog ‘n wonderlike dag in die Serengeti, gevul met wildritte om die oorvloedige natuurlewe verder te verken.
Ons oornag weer vanaand in die Serengeti Serena Safari Lodge.
Sondag, 30 Mei 2027
– SERENGETI NASIONALE PARK & ARUSHA, TANZANIË –
Ons laaste oggend in Tanzanië begin rustig. Ons neem ‘n laaste keer die atmosfeer van die grasvlaktes in, voordat ons na die lughawe vertrek. Hier neem ons afskeid van hierdie Afrika-paradys en keer terug huis toe.
Maandag, 31 Mei 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons arriveer in Johannesburg met harte vol herinneringe en ‘n kamera vol foto’s van een van die mooiste reise van ons lewe – ons Serengeti-Safari!
Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.