Die groot avontuur begin vandag! Ons vertrek vanaf Suid-Afrika op pad na die sprokiesland van sneeubedekte bergpieke, smaraggroen valleie en kristalhelder mere.
Die groot avontuur begin vandag! Ons vertrek vanaf Suid-Afrika op pad na die sprokiesland van sneeubedekte bergpieke, smaraggroen valleie en kristalhelder mere.
Ons arriveer vandag in Switserland waar ons luukse bus op ons wag. Die reis na Grindelwald is reeds ‘n hoogtepunt op sigself – met skilderagtige landskappe, tradisionele Switserse dorpe en die indrukwekkende Alpe wat al hoe nader kom.
Die volgende vier nagte bly ons in die wêreldbekende bergdorp Grindelwald, aan die voet van die magtige berg Eiger.
Vanaand geniet ons ons eerste gesamentlike Switserse aandete.
Vandag wag een van die mooiste uitsigte in die Switserse Alpe op ons. Met die moderne gondel klim ons op na Männlichen waar ‘n wêreld van majestueuse bergpieke, groen weivelde en vars berglug ons asems wegslaan.
Vir dié wat lus is, bied die panoramiese staproete na Kleine Scheidegg een van die mooiste wandelings in Switserland. Diegene wat dit rustiger wil neem, kan ontspan met ‘n koppie koffie terwyl die uitsigte oor die Jungfrau-streek geniet word.
Later reis ons per trein na die lieflike dorpie Wengen – ‘n motorvrye Alpe-dorpie met ‘n rustige atmosfeer en ongelooflike uitsigte oor die Lauterbrunnenvallei.
Vandag beleef ons een van Switserland se grootste skatte – die beroemde Jungfraujoch, ook bekend as die Top of Europe. Met die indrukwekkende Eiger Expressgondel en bergtrein reis ons deur die hart van die Alpe na die hoogste treinstasie in Europa.
Hier bo wag ‘n wêreld van ewige sneeu, glinsterende gletsers en asemrowende uitsigte.
Later besoek ons Harder Kulm, die uitsigpunt hoog bo Interlaken, waar die twee turkoois mere en indrukwekkende berglandskappe ‘n onvergeetlike prentjie vorm.
Nog ‘n dag van ongekende natuurskoon wag op ons. Ons neem die gondel hoog op na First, ‘n bergparadys met asemrowende uitsigte oor sneeubedekte pieke, groen valleie en die bekende Eiger-massief.
Die meer avontuurlustiges kan die skilderagtige wandeling na die kristalhelder Bachalpsee aanpak. Die res kan die unieke Cliff Walk geniet of eenvoudig die uitsigte met ‘n warm drankie inneem.
Later reis ons na die betowerende dorpie Mürren, ‘n motorvrye juweel met tradisionele chalets en asemrowende berguitsigte.
Vandag neem ons afskeid van die pragtige Grindelwald en reis deur een van Switserland se mees indrukwekkende bergstreke. Ons ry oor die asemrowende Grimselpas – kronkelende bergpaaie, dramatiese rotse, bergmere en panoramiese uitsigte.
Ons bestemming is Saas-Fee, dikwels bekend as die “Pêrel van die Alpe” – ‘n motorvrye bergdorp omring deur indrukwekkende vierduisend-meter-pieke.
Vandag besigtig ons een van die bekendste bergpieke ter wêreld – die majestueuse Matterhorn.
Ons reis na die beroemde Alpe-dorpie Zermatt, met sy rustige straatjies, houtchalets en ‘n besonderse bergatmosfeer. Van hier neem ons die historiese tandrattrein na Gornergrat, een van die skouspelagtigste uitsigpunte in Switserland, met ‘n 360°-uitsig oor gletsers, sneeubedekte pieke en die Matterhorn.
Daarna geniet ons vrye tyd in Zermatt om deur die boetieks te wandel, koffie te geniet of die atmosfeer in te neem.
Vandag ontdek ons nog ‘n wonder van die Switserse Alpe wanneer ons met die indrukwekkende Metro Alpin opstyg na Mittelallalin – een van die hoogste ondergrondse bergspoorweë ter wêreld, met asemrowende panoramiese uitsigte oor die omliggende bergreekse.
Vanmiddag geniet ons ‘n egte Switserse fondue-ervaring voordat daar tyd is om nog ‘n laaste keer deur die bekoorlike strate van Saas-Fee te wandel.
Vandag neem ons afskeid van die majestueuse Alpe en reis na die pragtige stad Luzern.
Met ons aankoms verken ons die bekoorlike ou stad, insluitend die ikoniese Kapelbrug, die oudste bedekte houtbrug in Europa.
Daar is tyd om Luzern op jou eie pas te geniet voordat ons ‘n heerlike Switserse sjokolade-ervaring beleef.
Vanmiddag boek ons by ons hotel in, waar ons die volgende drie nagte tuisgaan.
Vandag wag een van Switserland se mees ikoniese bergervarings op ons.
Ons begin die dag met ‘n rustige bootvaart oor die pragtige Vierwoudstreke-meer voordat ons die steil tandratspoor neem wat ons hoog teen die hange van die legendariese Pilatusberg uitklim.
Bo-op die berg word ons beloon met panoramiese uitsigte oor die omliggende Alpe, valleie en mere.
Ons keer terug met die kabelkar en gondel na die vallei en voltooi só die beroemde Pilatus Golden Round Trip.
Ons laaste volle dag in Switserland bring ons by nog ‘n indrukwekkende Alpe-hoogtepunt – die majestueuse Titlis.
Met die unieke draaiende Rotairgondel styg ons op deur ‘n wêreld van rotse, sneeu en gletsers tot by die bergtop waar onvergeetlike panoramiese uitsigte op ons wag.
Ons geniet die betowerende bergwêreld voordat ons vanaand saamkom vir ‘n feestelike afsluitingsete.
Vandag beleef ons ‘n kulturele hoogtepunt van ons toer – die eeue-oue Entlebucher Alpabfahrt. Hierdie tradisie vier die terugkeer van die koeie vanaf die hoë Alpe na die valleie ná die somer. Die koeie word pragtig versier met groot tradisionele klokke en kleurvolle blomkranse, terwyl plaaslike inwoners in tradisionele drag die feesvieringe met volksmusiek, markstalletjies en plaaslike kaas en produkte aanvul.
Na hierdie onvergeetlike laaste ervaring vertrek ons na Zürich Lughawe vir ons terugvlug na Suid-Afrika.
Ons arriveer terug in Suid-Afrika ná ‘n reis gevul met majestueuse Alpe, glinsterende mere, bekoorlike dorpies en die warm tradisies van Switserland.
Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.