JAP27

Ons Japan en Goue Kus Boottoer

‘n Splinternuwe boottoer in 2027! Ons geniet die fassinerende Japan in egte WinskoopToere-styl.
14 DAE 26 November - 10 Desember 2027
TOERPRYS R139,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R4,000

Waarheen toer ons?

Japan

Ons WinskoopToerleiers

Emma Howell

Lientjie Jooste

Roetekaart
Top ervarings
WinskoopToere sorg vir alles
Uitstappies
Reisprogram
Dag 1
Vrydag, 26 November 2027 | Johannesburg, Suid-Afrika

Vrydag, 26 November 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Tokyo. Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad soms op aanvraag beskikbaar.

Dag 2
Dag 2
Saterdag, 27 November 2027 | Tokyo, Japan

Saterdag, 27 November 2027
– TOKYO, JAPAN –
Ons arriveer in Tokyo, waar ‘n luukse bus ons na ons lieflike sentrale hotel neem.
Ons eet vanaand almal saam aandete in die hotel.

Dag 3
Dag 3
Sondag, 28 November 2027 | Tokyo, Japan

Sondag, 28 November 2027
– TOKYO, JAPAN –
Ons groep ontdek vandag die wonder van Tokyo tydens ‘n opwindende dag vol kultuur, tegnologie en tradisie. Ons stap na Meiji Jingu, ‘n reusagtige bosagtige area in die middel van die stad, en stap daarna deur Takeshita-straat in Harajuku om die buitensporige, kleurvolle modes te sien en die bekende reuse crêpes te proe.
Laatmiddag keer ons terug na ‘n wonderlike dag en ons geniet weer aandete saam in die hotel.

Dag 4
Dag 4
Maandag, 29 November 2027 | Tokyo, Japan & Norwegian Jade

Maandag, 29 November 2027
– TOKYO, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Ons geniet ‘n heerlike dag in Tokyo. ‘n Besoek aan Senso-ji, Tokyo se oudste en mees ikoniese Boeddhistiese tempel, neem jou terug in tyd. Die pad na die tempel, Nakamise-dori, is gevul met eeue-oue stalletjies wat tradisionele snuisterye en heerlike warm Japannese fyngebak verkoop.
Later vanmiddag gaan ons by Tokyo se hawe aan boord die Norwegian Jade, waar ons bootvaart begin.

Dag 5
Dag 5
Dinsdag, 30 November 2027 | Fuji Shimizu, Japan & Norwegian Jade

Dinsdag, 30 November 2027
– FUJI SHIMIZU, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Ons meer vanoggend by die hawe van die berg Fuji Shimizu vas. Hier beleef ons die asemrowende skoonheid van die Fuji-berg, Japan se hoogste berg en ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied, en die rustige kusdorpie Shimizu. Ons eerste Norwegian Jade-uitstappie begin vandag!
Die eerste stop is by die Fujisan Hongu Sengen Taisha-gedenkplek, met meer as 500 kersiebome en ‘n dam gevoed deur smeltende sneeu en ys vanuit die Fuji-berg (verklaar as Spesiale Natuurmonument).
Die volgende stop is die Fuji-berg se tweede stasie, op ongeveer 1 430 meter bo seevlak, met asemrowende uitsigte.
Die laaste besoekpunt is by die Fuji-berg se UNESCO-wêrelderfenisgebiedsentrum.
Ons keer laatmiddag terug na ons luukse skip en vaar verder. Ons geniet aandete aan boord.

Dag 6
Dag 6
Woensdag, 1 Desember 2027 | Kyoto, Osaka, Japan & Norwegian Jade

Woensdag, 1 Desember 2027
– KYOTO, OSAKA, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Na ‘n heerlike ontbyt aan boord, vertrek ons per bus na Kyoto, vir meer as ‘n duisend jaar die keiserlike hoofstad van Japan. Ons besoek drie van Kyoto se mees betowerende besienswaardighede tydens ‘n fantastiese begeleide daguitstappie.
Eerste is die indrukwekkende Kinkakuji (Goue Pawiljoen), Kyoto se wêreldbekende en mees gefotografeerde tempel en tuin, oorspronklik gebou in 1394.
Volgende besoek ons die Nijo-kasteel (voltooi 1603), met sy ‘nagtigaalvloere’ ontwerp om ninja-sluipmoordenaars se voetstappe op te spoor. Dit is ‘n UNESCO-wêrelderfenisterrein.
Ons keer laatmiddag terug na die Norwegian Jade, waar ons vannag oornag en verder vaar.

Dag 7
Dag 7
Donderdag, 2 Desember 2027 | Kochi, Japan & Norwegian Jade

Donderdag, 2 Desember 2027
– KOCHI, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Ons meer vanoggend by Kochi se hawe vas en vertrek op ‘n daguitstappie na die asemrowende Iya-vallei. Die hoogtepunt is ‘n rustige bootvaart deur die indrukwekkende Oboke-ravyn, stroomaf op die smaraggroen Yoshino-rivier, verby steil rotskranse.
Nabygeleë is die besonder indrukwekkende Biwa-waterval, wat ongeveer 45 meter teen mosbedekte rotse afstort.
Na ‘n fantastiese dag keer ons terug na die Norwegian Jade en geniet ‘n heerlike aandete.

Dag 8
Dag 8
Vrydag, 3 Desember 2027 | Hiroshima & Miyajima-Eiland, Japan & Norwegian Jade

Vrydag, 3 Desember 2027
– HIROSHIMA & MIYAJIMA-EILAND, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Ons ontdek vandag die geskiedenis en hoop van Hiroshima tydens ‘n indrukwekkende daguitstappie. Ons besoek ‘n gedenkpark wat die verwoesting van die atoombom van 1945 uitbeeld, insluitend die Atoombomkoepel en die Hiroshima Peace Memorial Museum.
Ná middagete as groep saam beleef ons ‘n heel ander kant van die streek tydens ‘n veerbootrit na Miyajima-eiland, ‘n UNESCO-wêrelderfenisterrein bekend vir sy ikoniese ‘drywende’ rooi torii-poort.
Ons keer vanaand terug na ons boot en geniet aandete aan boord.

Dag 9
Dag 9
Saterdag, 4 Desember 2027 | Norwegian Jade

Saterdag, 4 Desember 2027
– NORWEGIAN JADE –
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt aan boord en vaar rustig langs die kus in die rigting van Naha. Geniet die ongelooflike natuurskoon en ontspan vandag heerlik op die skip – ‘n ete in een van die restaurante, die Stardust-teater, of die luukses op die sondek.

Dag 10
Dag 10
Sondag, 5 Desember 2027 | Naha, Okinawa, Japan & Norwegian Jade

Sondag, 5 Desember 2027
– NAHA, OKINAWA, JAPAN & NORWEGIAN JADE –
Ons vaar vanoggend tot by die lieflike dorpie Naha met sy tropiese skoonheid, die hoofstad van Okinawa. Hierdie lewendige kusstad bied ‘n unieke mengsel van Japannese en Ryukyu-kultuur, kleurvolle markte, historiese besienswaardighede en pragtige see-uitsigte.
Ons oornag weer vanaand aan boord ons luukse skip.

Dag 11
Dag 11
Maandag, 6 Desember 2027 | Keelung & Taipei, Taiwan & Norwegian Jade

Maandag, 6 Desember 2027
– KEELUNG & TAIPEI, TAIWAN & NORWEGIAN JADE –
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt aan boord. Ná ‘n skilderagtige rit vanaf Keelung na Taipei, vertrek ons op ‘n stadstoer wat van die stad se bekendste besienswaardighede insluit.
Ons besoek die wêreldbekende National Palace Museum met sy versameling Chinese keiserlike kuns, die National Revolutionary Martyrs’ Shrine, en na middagete die Sun Yat-sen Memorial Hall.
Voordat ons Taipei verlaat, stop ons by die indrukwekkende Taipei 101 vir foto’s.
Ons oornag vanaand op die Norwegian Jade.

Dag 12
Dag 12
Dinsdag, 7 Desember 2027 | Norwegian Jade

Dinsdag, 7 Desember 2027
– NORWEGIAN JADE –
Ons geniet ‘n heerlike dag aan boord die Norwegian Jade en geniet die fantastiese geriewe van die skip, tesame met die ongelooflike uitsig van die natuurskoon.

Dag 13
Dag 13
Woensdag, 8 Desember 2027 | Hongkong, China & Norwegian Jade

Woensdag, 8 Desember 2027
– HONGKONG, CHINA & NORWEGIAN JADE –
Ons geniet vanoggend ontbyt aan boord en bereik laatoggend die hawe van die indrukwekkende Hongkong van waar ons op ‘n Norwegian Jade-daguitstappie gaan.
Ons besoek die Hongkong-eiland waar ons die bekende Peak Tram neem vir ‘n opwindende rit na die kruin van die berg.
Ons besoek daarna die beroemde drywende vissersdorpie, Aberdeen, waar jy aan boord van ‘n sampan klim – ‘n klein houtboot wat deur die nou waterweë van die dorpie vaar.
Ons keer terug na die hawe en oornag vanaand in ons luukse boot.

Dag 14
Dag 14
Donderdag, 9 Desember 2027 | Hongkong, China & Norwegian Jade

Donderdag, 9 Desember 2027
– HONGKONG, CHINA & NORWEGIAN JADE –
Ons laaste dag in China! Na ons vanoggend vir oulaas saam ontbyt geëet het aan boord, geniet ons ‘n paar ure in die pragtige stad, voor ons na die lughawe vertrek vir ons vlug na Suid-Afrika.

Dag 15
Vrydag, 10 Desember 2027 | Johannesburg, Suid-Afrika

Vrydag, 10 Desember 2027
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons vlug land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Nie ingesluit by toerprys
Visumkoste
Middagetes
14 DAE 26 November - 10 Desember 2027
TOERPRYS R139,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R4,000

Wisselkoers

$1 = R16.50

Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Ems +27 83 637 1542
Ilzé +27 83 637 1642

Kontak Ons
WhatsApp Toerledeportaal FAQ