KERS26

Ons Wit Kersfeestoer

Ervaar die mooiste dorpe en stede in Oostenryk, Slowakye, Duitsland, Switserland en Frankryk op ons betowerende Kersfeestoer! Ons besoek heerlike kersmarkies, geniet ‘n bootrit op die Bodensee en ry met kabelkarre op na die hoogste bergspits in Duitsland!
14 DAE 14 Desember - 27 Desember 2026
TOERPRYS R70,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R13,500
KONTAK ONS UITVERKOOP

Waarheen toer ons?

Duitsland Frankryk Oostenryk Slowakye Switserland

Ons WinskoopToerleiers

Elsabe Botha

Emma Howell

Roetekaart
Top ervarings
WinskoopToere sorg vir alles
Uitstappies
Reisprogram
Dag 1
Maandag, 14 Desember 2026 | Johannesburg, Suid-Afrika

Maandag, 14 Desember 2026
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons Kersfeestoer begin al op O.R. Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Wene in Oostenryk. Ons kry etes en drankies tydens al die vlugte. (Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2
Dag 2
Dinsdag, 15 Desember 2026 | Wene, Oostenryk & Bratislava, Slowakye

Dinsdag, 15 Desember 2026
– WENE, OOSTENRYK & BRATISLAVA, SLOWAKYE –
Ons arriveer op Wene se lughawe. Hier wag ons luukse bus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s’n tydens ons hele Kersfeestoer. Ons vertrek van die lughawe af na Bratislava, die hoofstad van Slowakye. Hier beleef ons die uniekheid van hierdie land se Kerstyd. Ons besoek eerstens hulle pragtige Kersmark en daarna geniet ons vrye tyd in Bratislava se ou stad.

Later neem ons bus ons na Wene waar ons die volgende twee nagte in ‘n gerieflike hotel tuisgaan.

Dag 3
Dag 3
Woensdag, 16 Desember 2026 | Wene, Oostenryk

Woensdag, 16 Desember 2026
– WENE, OOSTENRYK –
Vanoggend begin ons met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Wene. Hierna het ons die hele dag vry in die pragtige ou stad. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van die stad is gevorm deur sy bekende inwoners, o.a. Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn, die Habsburgers se somerwoning. In die Museumkwartiere vertoon historiese en kontemporêre werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars.

Jy het vandag geleentheid om die menigde Kersmarkte en van hierdie museums te besoek. Vanaand eet ons aandete by die Heuriger waar Beethoven graag besoek afgelê het.

Dag 4
Donderdag, 17 Desember 2026 | Dürnstein & Hallstatt, Oostenryk & Bad Reichenhall, Duitsland

Donderdag, 17 Desember 2026
– DÜRNSTEIN & HALLSTATT, OOSTENRYK & BAD REICHENHALL, DUITSLAND –
Ons groep vertrek vanoggend na Hallstatt. Op pad stop ons in die pragtige Dürnstein, ‘n dorpie bekend vir sy blou barok-kerktoring.

In Hallstatt – een van die allermooiste dorpies – geniet ons ‘n bootvaart, stap rond en jy kan ‘n gesellige koffiewinkel besoek! Hierna ry ons na Bad Reichenhall waar ons vanaand gaan slaap.

Dag 5
Dag 5
Vrydag, 18 Desember 2026 | Eugendorf & Salzburg & Bad Reichenhall, Duitsland

Vrydag, 18 Desember 2026
– EUGENDORF & SALZBURG & BAD REICHENHALL, DUITSLAND –
Na ontbyt neem ons bus ons na Eugendorf waar ons ‘n heerlike perdekoetsrit geniet. Later ry ons na Salzburg en besoek die ou stad. Ons ontmoet ons gids vir ‘n besigtigingstoer deur die stad. Ons geniet vrye tyd in hierdie sprokiestad waar Mozart gebore is. Laatmiddag ry ons dan terug na ons hotel in Bad Reichenhall waar ons saam aandete geniet.

Dag 6
Dag 6
Saterdag, 19 Desember 2026 | Innsbruck, Oostenryk & Oberammergau, Duitsland

Saterdag, 19 Desember 2026
– INNSBRUCK, OOSTENRYK & OBERAMMERGAU, DUITSLAND –
Vanoggend vertrek ons na die pragtige hoofstad van die Tirool, Innsbruck, waar ons die Kersmark se liggies bewonder tydens vrye tyd. Ons ry later verder na Oberammergau waar ons die volgende twee nagte gaan oornag.

Dag 7
Dag 7
Sondag, 20 Desember 2026 | Zugspitze, Ettal-Klooster & Oberammergau, Duitsland

Sondag, 20 Desember 2026
– ZUGSPITZE, ETTAL-KLOOSTER & OBERAMMERGAU, DUITSLAND –
Vanoggend ry ons na die Zugspitze – die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is lieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons tipiese sneeu soos die Europeërs dit geniet!

Na ons heerlike oggend in die berge besoek ons die Ettal-klooster. Ons slaap weer in Oberammergau oor.

Dag 8
Maandag, 21 Desember 2026 | Lech, Oostenryk & Bodensee & Singen, Duitsland

Maandag, 21 Desember 2026
– LECH, OOSTENRYK & BODENSEE & SINGEN, DUITSLAND –
Ons vertrek vanoggend na die lieflike Bodensee. Ons spandeer eers tyd in die skilderagtige Lech. Dan besoek ons verskeie dorpies rondom die Bodensee waar die Kers-atmosfeer teen die agtergrond van dié meer jou meesleur. Ons geniet ‘n bootvaart en besoek Lindau. Daarna vertrek ons na ons hotel in Konstanz waar ons oornag.

Dag 9
Dag 9
Dinsdag, 22 Desember 2026 | Konstanz & Singen, Duitsland

Dinsdag, 22 Desember 2026
– KONSTANZ & SINGEN, DUITSLAND –
Ons besoek vandag die universiteitstad Konstanz. Die Altstadt (ou stad) van Konstanz het baie ou geboue en kronkelende stegies. Die stadshorison word oorheers deur die Konstanz-katedraal, verskeie ander kerke en drie torings wat van die stadsmuur oorgebly het. Ons geniet die aand in ons hotel in Konstanz.

Dag 10
Dag 10
Woensdag, 23 Desember 2026 | Triberg, Duitsland & Colmar, Frankryk

Woensdag, 23 Desember 2026
– TRIBERG, DUITSLAND & COLMAR, FRANKRYK –
Vandag ry ons na die nimlike Swartwoud. Ons besoek die dorpie Triberg, wat ‘n transformasie ondergaan tydens Kersfees. Hiervandaan gaan ons Frankryk binne en besoek ons die Elsasgebied. Ons slaap die volgende twee aande in Colmar en ons groep geniet vanaand ons Oukersete saam in die hotel.

Dag 11
Dag 11
Donderdag, 24 Desember 2026 | Strasbourg & Colmar, Frankryk

Donderdag, 24 Desember 2026
– STRASBOURG & COLMAR, FRANKRYK –
Ons spandeer hierdie lieflike dag in die imposante Strasbourg. Ons plaaslike gids vertel ons meer oor hierdie pragtige stad. Die Rynrivier vorm die grens tussen dié stad en Duitsland. Strasbourg het in 1988 sy tweeduisendste bestaansjaar gevier. Strasbourg is ‘n stad wat Kersfees behoorlik vier, met 13 Kersmarkte, die pragtige strate van Kleine Frankryk en menigde kerke om in jou vrye tyd te beleef. Ons groep geniet ‘n baie spesiale Oukersaand saam.

Dag 12
Vrydag, 25 Desember 2026 | Colmar, Frankryk

Vrydag, 25 Desember 2026
– COLMAR, FRANKRYK –
Dis Kersfees! In Colmar! Na ‘n rustige Kersontbyt in die hotel, het ons die hele dag vry om die vele straatjies, markte en winkeltjies (wat oop is op hierdie vakansiedag) te ontdek en geniet. Na ‘n lekker laat ontbyt het ons tyd om in Colmar te spandeer en vir oulaas inkopies by die Kersmarkte te doen. Vanaand geniet ons ‘n heerlike Kersaandete as groep.

Dag 13
Saterdag, 26 Desember 2026 | Zürich, Switserland

Saterdag, 26 Desember 2026
– ZÜRICH, SWITSERLAND –
Na nog ‘n heerlike ontbyt, val ons in die pad na Zürich om vanmiddag ons vlug terug na Suid-Afrika te haal. Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Dag 14
Sondag, 27 Desember 2026 | Johannesburg, Suid-Afrika

Sondag, 27 Desember 2026
– JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA –
Ons arriveer terug in Johannesburg en ons Wit Kersfeestoer kom tot ‘n einde.

Toerlede  foto's
Nie ingesluit by toerprys
Visumkoste
Middagetes
Batterye
14 DAE 14 Desember - 27 Desember 2026
TOERPRYS R70,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6,000 pp
ENKELTOESLAG R13,500
KONTAK ONS UITVERKOOP

Wisselkoers

Teen wisselkoers van €1 = R19,00
Toerprys

Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Ems +27 83 637 1542
Ilzé +27 83 637 1642

Kontak Ons
WhatsApp Toerledeportaal FAQ