RKERS26

Ons Kerstoer met André Rieu

Geniet Europa se sprankel in die Feestyd! Ons toer na Nederland, Duitsland en Frankryk en sien die heel beste van die Kersseisoen in Europa. Ons word ook betower met ‘n pragtige Kersspel deur André Rieu en sy simfonie-orkes.
12 DAE 11 Desember - 22 Desember 2026
TOERPRYS R69,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6000 pp
ENKELTOESLAG R13,300
KONTAK ONS UITVERKOOP

Waarheen toer ons?

België Duitsland Frankryk Nederland

Ons WinskoopToerleiers

Linn Burger

Marius Greeff

Roetekaart
Top ervarings
WinskoopToere sorg vir alles
Uitstappies
Reisprogram
Dag 1
Vrydag, 11 Desember 2026 | Johannesburg, Suid-Afrika

Ons André Rieu Kerstoer begin op O.R. Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Brussel in België. Etes en drankies tydens die vlugte is ingesluit. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag – doen vroegtydig hiervoor aansoek.

Dag 2
Dag 2
Saterdag, 12 Desember 2026 | Brussel, België

Ons arriveer vroeg vanoggend in Brussel. Hier wag ons luukse toerbus reeds op ons. Ons geniet vanoggend ‘n lekker warm WinskoopToere verrassing voor ons heerlike vrye tyd in Brussel spandeer om self die pragtige ou dorpie te leer ken.
Ons stap dan saam na Brussel se Winter Wonders and Christmas Market om ons eerste smakie van hierdie Kerswonder te beleef. Ons vertrek na ons sentraal-geleë hotel en hierna het ons die res van die dag vry om uit te rus of die dorp verder te verken. Ons geniet almal saam ‘n smaaklike aandete by die hotel.

Dag 3
Dag 3
Sondag, 13 Desember 2026 | Maastricht, Nederland

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons groep na Maastricht. Ons geniet vanoggend hier vrye tyd. Ons bus neem ons dan na ons hotel in Valkenburg waar ons inteken. Nou het ons tyd om onsself te verfris en reg te maak vir vanaand se konsert. Ons vertrek na die Maastricht Exhibition & Conference Centre (MECC) vir ons André Rieu konsert wat om 19:30 begin. Hier betower André Rieu en sy simfonie-orkes ons met ‘n pragtige Kersspel. Ons toerlede het almal klas een-kaartjies! ‘n Ervaring van ‘n leeftyd! André Rieu, die Koning van die Wals, is ‘n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss-orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit. Ons deel vanaand aan elke toerlid ‘n subsidiebedrag van €20 uit om ‘n smaaklike aandete by die MECC of in Maastricht te geniet.

Dag 4
Dag 4
Maandag, 14 Desember 2026 | Valkenburg & Keulen, Duitsland

Na ontbyt leer ons Valkenburg beter ken. Ons begin met ‘n heerlike oggenduitstappie en geniet vrye tyd. Teen vroegmiddag vertrek ons na Keulen waar ons eers ‘n interessante stadstoer en dan heerlike vrye tyd geniet. Ingesluit by ons besoek aan Keulen is toegang tot die bekende en indrukwekkende Keulen Dom – dit is werklik ‘n meesterstuk van gotiese argitektuur. Hierna neem die bus ons na ons hotel waar ons inteken. Ons hotel lê in die hartjie van Keulen se ou stad en toerlede kan die area te voet op hul eie leer ken. Kersmarkte is gedurende die Adventperiode regdeur Keulen versprei, wat die hele stad in een groot sprokieswêreld omskep. Die hoof-Kersmark is geleë by die Kölner Dom (Keulenkatedraal) – een van Europa se grootste en mooiste Gotiese kerke. Lede ontvang ‘n €20 subsidie vir aandete.

Dag 5
Dag 5
Dinsdag, 15 Desember 2026 | Wiesbaden & Heidelberg, Duitsland

Ons vertrek vanoggend eers na Wiesbaden, en dan na die beroemde universiteitstad Heidelberg waar ons oornag.
Ons groep besoek saam die eeue-oue kasteel wat oor die ou stad waak en later kan jy ronddwaal en verlore raak in die atmosfeer van die seisoen. Ons ontmoet mekaar op die afgespreekte plek en vertrek na ons luukse hotel wat lekker sentraal-geleë is.
Ons deel weer vanaand aan elkeen ‘n subsidie van €20 vir aandete uit.

Dag 6
Dag 6
Woensdag, 16 Desember 2026 | Baden-Baden, Duitsland & Colmar, Frankryk

Na ontbyt vertrek ons na Baden-Baden. Ons ervaar die betowerende atmosfeer van hierdie wêrelderfenisstad omring deur die Swartwoud en die berge.
Ons verken die Elsasgebied verder en ry na Colmar waar ons die volgende twee aande in ons sentraal-geleë hotel oornag. Ons groep geniet ‘n betowerende aand in Colmar se ou stad.
Vanaand geniet ons as groep saam aandete by ‘n restaurant wat naby ons hotel geleë is.

Dag 7
Dag 7
Donderdag, 17 Desember 2026 | Colmar, Ribeauville & Strasbourg, Frankryk

Vanoggend ry ons na die goed behoue middeleeuse dorpie Ribeauville. Hierdie dorpie is gekies as een van die mooiste dorpies in Frankryk en is omring deur die wingerde van Elsas. Hierna ry ons verder na Strasbourg wat spog met van die mooiste versierde strate ter wêreld tydens die Kersseisoen. Teen die aand begin duisende kersliggies en kersversierings skitter en glinster.
Toerlede geniet hier vrye tyd. Na ons besoek hier keer ons weer terug na Colmar. Ons eet saam aandete in ons hotel.

Dag 8
Dag 8
Vrydag, 18 Desember 2026 | Rothenburg Ob Der Tauber & Nürnberg, Duitsland

Vanoggend ry ons na nog ‘n juweelstadjie uit die Middeleeue: Rothenburg ob der Tauber. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg stilgestaan het vanaf die Middeleeue nie. Daar is baie min plekke elders in die wêreld met so baie oorspronklike geboue wat uit die Middeleeue dateer soos in hierdie dorpie. Ons geniet hier vrye tyd.
Ons toerbus neem ons later na Nürnberg waar ons vanaand oornag. Na ons by ons hotel in die ou stad ingeteken het kan toerlede gerus in Nürnberg gaan rondloop. In die houthokkies van die stadjie van hout en lap vind ‘n mens tradisionele, dikwels handgemaakte Kersversierings en lekkernye soos gemmerkoek en Spekulatius-amandelkoekies. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

Dag 9
Dag 9
Saterdag, 19 Desember 2026 | Nürnberg & Oberammergau, Duitsland

Na ontbyt vertrek ons op ‘n besonderse stadstoer van die mooie ou Nürnberg met sy kasteel wat omstreeks 1140 gebou is. Nürnberg se historiese myl eindig (of begin) by die kasteel en beskik oor pragtige kerke, uitgebreide fonteine en die Tucherschlossmuseum. In skrille kontras dien ander terreine in Nürnberg as noodsaaklike herinneringe aan die donkerder jare in die stad se lang geskiedenis, o.a. waar die hoofoortreders van die Nazi-gruweldade in 1946 verhoor en skuldig bevind is.
Na ons stadstoer ry ons verder na Oberammergau waar ons die volgende twee aande gaan oornag. Ons geniet aandete by die hotel.

Dag 10
Dag 10
Sondag, 20 Desember 2026 | Zugspitze, Ettal-Klooster & Oberammergau, Duitsland

Vanoggend ry ons na die Zugspitze – die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is lieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons tipiese sneeu soos die Europeërs dit geniet! Na ons heerlike oggend in die berge, besoek ons die Ettal-klooster (gestig op 28 April 1330). Ons ry later terug na ons hotel in Oberammergau. Ons geniet ons laaste aandete saam in die hotel.

Dag 11
Dag 11
Maandag, 21 Desember 2026 | München, Duitsland

Vanoggend is dit tyd om Europa te groet en met ons bus na die lughawe in München te ry. Ons vertrek teen die middag terug na Suid-Afrika met mooi herinneringe, ‘n blywende Kersfeesgevoel en opwinding om die komende Kerstyd saam met ons geliefdes in ons warm tuisland deur te bring.

Dag 12
Dinsdag, 22 Desember 2026 | Johannesburg, Suid-Afrika

Ons arriveer in Suid-Afrika en so kom ons lieflike Kerstoer tot ‘n einde. En ons weet: die herinneringe bly by ons vir die res van ons lewens!

Nie ingesluit by toerprys
Visumkoste
Batterye
Middagetes
12 DAE 11 Desember - 22 Desember 2026
TOERPRYS R69,000 p.p. wat deel
DEPOSITO R6000 pp
ENKELTOESLAG R13,300
KONTAK ONS UITVERKOOP

Wisselkoers

€1 = R19,00
Toerprys

Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Ems +27 83 637 1542
Ilzé +27 83 637 1642

Kontak Ons
WhatsApp Toerledeportaal FAQ